Lucas
Capítulo 3.
1. En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibrius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judia en Herodes viervors van Galila, en Filippus, sy broer, viervors van Itura en die land Trachon¡tus, en Lis nias viervors van Abilne,
2. tydens die hoëpriesterskap van Annas en K jafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagar¡a, in die woestyn.
3. En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;
4. soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.
5. Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
6. En alle vlees sal die heil van God sien.
7. Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
8. Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
9. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
10. En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?
11. En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
12. En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
13. En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.
14. En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.
15. En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,
16. antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie -- Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
17. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.
18. Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
19. Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Herodias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,
20. het hy by alles nog dit gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
Comente sobre este trecho da bíblia
Esboço de Lucas
- Apresentação Capítulo: 1.1-4
- Nascimento e infância de João Batista e de Jesus Capítulo: 1.5-2.52
- O trabalho de João Batista Capítulo: 3.1-20
- O batismo e a tentação de Jesus Capítulo: 3.21-4.13
- O trabalho de Jesus na Galiléia Capítulo: 4.14-9.50
- Da Galiléia até Jerusalém Capítulo: 9.51-19.27
- A última semana de Jesus em Jerusalém Capítulo: 19.28-23.56
Você está lendo Lucas na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Novo Testamento, tem 24 capítulos, e 1151 versículos.