Connect with us

Bíblia AFR3353

Oséias 6

1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

2 Hy sal ons n twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.

4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môre wolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.

5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.

6 Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.

7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.

8 G¡lead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.

9 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.

10 In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

11 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

Continuar Lendo

Leave a Reply

O seu endereço de e-mail não será publicado. Campos obrigatórios são marcados com *