Salmos
Capítulo 140.
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2. Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
3. wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
4. Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
5. Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
6. Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
7. Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
8. HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
9. HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
10. Wat betref die hoof van die wat my omring -- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
11. Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
12. Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld -- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
13. Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]
Comente sobre este trecho da bíblia
Você está lendo Salmos na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 150 capítulos, e 2461 versículos.