1 Reis

1. En Reh beam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2. En net toe Jerobeam, die seun van Nebat, dit hoor -- hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jerobeam was in Egipte woonagtig,

3. en hulle het hom laat roep -- kom Jerobeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Reh beam toegespreek en gesê:

4. U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5. En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.

6. Daarop hou koning Reh beam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7. En hulle spreek met hom en sê: As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8. Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.

9. En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10. En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: So moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons -- so moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11. Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai -- ‚k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ‚k sal julle met g‚sels tugtig.

12. Toe Jerobeam en die hele volk dan by Reh beam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag --

13. het die koning die volk 'n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan

14. en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak -- ‚k sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig -- ‚k sal julle met g‚sels tugtig.

15. So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ah¡a, die Siloniet, tot Jerobeam, die seun van Nebat.

16. Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

17. Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Reh beam koning.

18. Toe stuur koning Reh beam Adoram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Reh beam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19. So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe.

20. Sodra die hele Israel gehoor het dat Jerobeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.

21. En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin, honderd en tagtig duisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van Israel, om die koningskap vir Reh beam, die seun van Salomo, terug te win.

22. Maar die woord van God het tot Sem ja, die man van God, gekom en gesê:

23. Spreek met Reh beam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele huis van Juda en Benjamin en die orige deel van die volk en sê:

24. So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE.

25. En Jerobeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou.

26. En Jerobeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer:

27. as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Reh beam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Reh beam, die koning van Juda.

28. Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem -- hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het!

29. En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel.

30. En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.

31. Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

32. En Jerobeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

33. En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel 'n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

1. Toe kom daar 'n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jerobeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;

2. en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Jos¡a, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.

3. En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken d t die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.

4. En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jerobeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie.

5. En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE.

6. Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.

7. Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou 'n geskenk gee.

8. Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.

9. Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.

10. Hy het toe met 'n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie.

11. En daar het 'n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God die dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,

12. sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.

13. Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery.

14. En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.

15. Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.

16. Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;

17. want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.

18. Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.

19. Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.

20. Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;

21. en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,

22. maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie -- daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.

23. Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op -- vir die profeet wat hy laat omdraai het --

24. en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.

25. Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.

26. Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van die HERE wederstrewig was; daarom het die HERE hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.

27. Daarop praat hy met sy seuns en sê: Saal vir my die esel op. En hulle het opgesaal.

28. Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie.

29. Daarna het die profeet die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe.

30. En hy het sy lyk in sy graf neergelê, en hulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer!

31. En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van God in begrawe is; lê my bene langs sy bene neer.

32. Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samar¡a is.

33. N  hierdie gebeurtenis het Jerobeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, die het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.

34. En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jerobeam, en wel om dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.

1. In dieselfde tyd het Ab¡a, die seun van Jerobeam, siek geword.

2. En Jerobeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jerobeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ah¡a wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3. En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4. En die vrou van Jerobeam het so gedoen -- haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ah¡a gekom; en Ah¡a kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.

5. Maar die HERE het vir Ah¡a gesê: Kyk, die vrou van Jerobeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel,

6. en Ah¡a die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jerobeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou.

7. Gaan sê vir Jerobeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het

8. en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,

9. maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het --

10. kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jerobeam en sal van Jerobeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jerobeam skoon wegvee soos 'n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11. Die een wat van Jerobeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek.

12. Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

13. En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jerobeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jerobeam.

14. Maar die HERE sal vir Hom 'n koning oor Israel verwek wat die huis van Jerobeam die dag sal uitroei; ja, wat sê ek? Nou al.

15. En die HERE sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het.

16. En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jerobeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.

17. Toe het die vrou van Jerobeam haar klaargemaak en weggegaan en in Tirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.

18. En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ah¡a.

19. En die verdere geskiedenis van Jerobeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

20. En die dae wat Jerobeam geregeer het, was twee en twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.

Significados: Israel, Efraim, Levi.

Você está lendo 1 Reis na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 22 capítulos, e 816 versículos.