2 Samuel

1. En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar n  jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.

2. Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle -- die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda --

3. Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?

4. Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?

5. En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan --

6. laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in G¡bea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.

7. Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jonatan, die seun van Saul.

8. Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armoni en Mefiboset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Bars¡llai, die Meholatiet, gebaar het;

9. en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.

10. En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

11. Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,

12. het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in G¡lead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.

13. En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,

14. en die bene van Saul en van sy seun Jonatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.

15. En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.

16. En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refa‹ete was -- die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard -- het gedink om Dawid te verslaan.

17. Maar Ab¡sai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.

18. En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het S¡bbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refa‹ete, verslaan.

19. En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en lhanan, die seun van J „re-Orgim uit Betlehem, het Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

20. En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete.

21. En hy het Israel gehoon, maar Jonatan, die seun van S¡mea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

22. Hierdie vier was afstammelinge van die Refa‹ete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

1. En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

2. En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder;

3. God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

4. Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

5. Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.

6. Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.

7. Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.

8. Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

9. Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

10. En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder sy voete.

11. En Hy het op 'n g‚rub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.

12. En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.

13. Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.

14. Uit die hemel het die HERE gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.

15. En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.

16. En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

17. Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.

18. Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19. Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die HERE was my steun.

20. En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

21. Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.

22. Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.

23. Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge -- daar het ek nie van afgewyk nie.

24. Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25. So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.

26. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27. by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.

29. Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.

30. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.

31. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

32. Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God?

33. Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.

34. Hy maak my voete soos die van herte en laat my staan op my hoogtes.

35. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.

36. En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37. U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39. Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.

40. En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.

41. En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, die het ek vernietig.

42. Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43. Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.

44. En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45. Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.

46. Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.

47. Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!

48. Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;

49. en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.

50. Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

51. Hy is dit wat die verlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

1. En dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:

2. Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.

3. Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,

4. is soos die môre lig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans n  die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.

5. Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?

6. Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie;

7. en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

8. Dit is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agt honderd wat op een keer gesneuwel het.

9. En n  hom was Ele sar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,

10. het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.

11. En n  hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,

12. het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.

13. En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adullam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Ref im.

14. En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

15. En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

16. Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet

17. en gesê: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

18. En Ab¡sai, die broer van Joab, die seun van Seruja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.

19. Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

20. Verder Ben ja, die seun van Jojada, 'n sterk man, groot van daad, uit K bseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.

21. Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

22. Dit het Ben ja, die seun van Jojada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

23. Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24. Asahel, die broer van Joab, was onder die dertig; lhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

25. Samma, die Harodiet; El¡ka, die Harodiet;

26. Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Teko‹et;

27. Abiëser, die Anatotiet; Mebunn i, die Husatiet;

28. Salmon, die Ahohiet; M harai, die Netofatiet;

29. Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai, uit G¡bea van die kinders van Benjamin;

30. Ben ja, die Pirhatoniet; H¡ddai, uit Nahale-Gaäs;

31. Abi-Albon, die Arbatiet; Asm wet, die Barhumiet;

32. ljagba, die S „lboniet; die seuns van Jasen; Jonatan;

33. Samma, die Harariet; Ah¡am, die seun van Sarar, die Harariet;

34. Elif‚let, die seun van Ahasb i, die seun van 'n Maägatiet; El¡am, die seun van Agitofel, die Giloniet;

35. H‚sro, die Karmeliet; P „rai, die Arbiet;

36. Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;

37. Selek, die Ammoniet; N harai, die Beërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruja;

38. Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet

39. Ur¡a, die Hetiet -- almal saam sewe en dertig.

1. En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.

2. Toe sê die koning vir Joab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van Israel, van Dan tot Bers‚ba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet.

3. En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die HERE u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?

4. Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab en die leërowerstes, en Joab het met die leërowerstes van die koning af uitgegaan om die volk Israel te tel.

5. En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan by Aroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Ja‚ser.

6. Verder het hulle in G¡lead gekom en in die land Tagtim-Hodsi en na Dan-Jaän gekom en rondom na Sidon.

7. En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van Juda in Bers‚ba.

8. So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.

9. En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyf honderd duisend man.

10. Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.

11. Toe Dawid die môre opstaan -- die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:

12. Gaan heen en spreek met Dawid: So sê die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen --

13. toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.

14. Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

15. En die HERE het 'n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Bers‚ba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe.

16. Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die HERE berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van die HERE was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.

17. Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die HERE gespreek en gesê: Kyk, ‚k het gesondig, en ‚k het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.

18. Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE 'n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.

19. En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die HERE beveel het.

20. Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.

21. En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE 'n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.

22. Maar Arauna sê vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as die brandoffer en die sleë en die trekgoed van die beeste as hout.

23. Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God 'n behae in u hê.

24. Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.

25. Toe het Dawid daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.

Significados: Saul, Israel, Gilboa, Ira, Bani, Ur.

Você está lendo 2 Samuel na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 24 capítulos, e 695 versículos.