2 Samuel

1. Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2. Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor Israel.

3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4. Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5. In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6. Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe -- dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

8. En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie.

9. En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.

10. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE, die God van die leërskare, was met hom.

11. Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou.

12. So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13. En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14. En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: S mmua en Sobab en Natan en Salomo,

15. en Jibhar en Elisua en Nefeg en J fia,

16. en Elis ma en ljada en Elif‚let.

17. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.

18. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Ref im.

19. Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.

20. Daarop het Dawid na Baäl-P‚rasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy die plek Baäl-P‚rasim genoem.

21. En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.

22. Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Ref im versprei.

23. Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.

24. En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

25. En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van G¡beon af tot naby Geser.

1. Daarna het Dawid weer al die uitgesoektes in Israel, dertig duisend, versamel;

2. en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van B „le-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die HERE van die leërskare wat op die g‚rubs troon, daarvandaan te gaan haal.

3. En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer en dit uit die huis van Abin dab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abin dab, die wa drywe,

4. met die ark van God, het Agjo voor die ark geloop.

5. En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die HERE gespeel met allerhande instrumente van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.

6. En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.

7. Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor die vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.

8. En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

9. En Dawid het daardie dag vir die HERE bevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van die HERE na my kom?

10. Daarom wou Dawid nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.

11. En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die HERE het Obed-Edom en sy hele huis geseën.

12. En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die HERE het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseënter wille van die ark van God, het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.

13. En toe die draers van die ark van die HERE ses treë geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geoffer.

14. Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die HERE; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed.

15. So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal.

16. Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag.

17. Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.

18. Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE van die leërskare geseën

19. en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.

20. Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot!

21. Maar Dawid sê vir Migal: Voor die aangesig van die HERE wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die HERE, oor Israel -- ja, voor die aangesig van die HERE sal ek vrolik wees!

22. En ek sal my nog geringer ag as dit -- ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.

23. En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

1. En terwyl die koning in sy huis woon, nadat die HERE hom rus gegee het van al sy vyande rondom,

2. sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ‚k woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant 'n tentdoek.

3. Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die HERE is met u.

4. Maar in dieselfde nag kom die woord van die HERE tot Natan en sê:

5. Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die HERE: Sou jy vir My 'n huis bou om in te woon?

6. Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.

7. Oral waar Ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die stamme van Israel, wat Ek aangestel het om my volk Israel op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie?

8. So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel;

9. en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;

10. en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,

11. naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die HERE gee jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.

12. As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.

13. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.

14. Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met 'n menslike roede en met slae van mensekinders.

15. Maar my goedertierenheid sal van hom nie wyk nie, soos Ek dit onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het.

16. En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.

17. Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek.

18. Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?

19. En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE!

20. Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here HERE.

21. Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.

22. Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

23. En wie is soos u volk, soos Israel, 'n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as 'n volk gaan verlos het, en om vir Hom 'n naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode?

24. En U het u volk Israel vir U bevestig as 'n volk vir U tot in ewigheid; en U, HERE, het vir hulle 'n God geword.

25. Laat dan nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;

26. sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.

27. Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.

28. En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.

29. Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.

1. En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.

2. Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.

3. Verder het Dawid Hadad‚ser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe die getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.

4. En Dawid het van hom duisend sewe honderd perderuiters afgeneem en twintig duisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.

5. En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadad‚ser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.

6. En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

7. En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadad‚ser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.

8. En uit B‚tag en uit Berot i, stede van Hadad‚ser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.

9. Toe To‹, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadad‚ser verslaan het,

10. stuur To‹ sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadad‚ser geveg en hom verslaan het -- want Hadad‚ser het gedurig oorlog gevoer met To‹ -- en in sy hand was silwer-- en goue en kopervoorwerpe.

11. Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:

12. van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadad‚ser, die seun van Rehob, die koning van Soba.

13. En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het.

14. En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

15. En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.

16. En Joab, die seun van Seruja, was oor die leër; en Josafat, die seun van Ah¡lud, was kanselier.

17. En Sadok, die seun van Ah¡tub, en Ahim‚leg, die seun van Abjatar, was priesters, en Ser ja was skrywer.

18. En Ben ja, die seun van Jojada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.

1. En Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?

2. En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!

3. En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog 'n seun van Jonatan, wat lam is aan altwee voete.

4. En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ammiël, in Lodebar.

5. Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar.

6. Toe Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefiboset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.

7. En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jonatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.

8. Toe buig hy en sê: Wat is u dienaar, dat u na 'n dooie hond soos ek is, omgesien het?

9. En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou heer.

10. En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet voedsel inbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefiboset, die seun van jou heer, sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.

11. Toe sê Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefiboset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.

12. En Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefiboset se dienaars.

13. En Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.

1. En daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.

2. Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,

3. het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?

4. Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.

5. En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in J‚rigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.

6. Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintig duisend voetgangers, en van die koning van M „ga, duisend man, en die manne van Tob, twaalf duisend man.

7. En Dawid het dit gehoor en Joab met die hele leër, die helde, gestuur.

8. En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en M „ga afsonderlik in die veld was.

9. Toe Joab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel 'n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.

10. Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Ab¡sai geplaas en die het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.

11. En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help.

12. Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!

13. Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.

14. Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Ab¡sai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.

15. Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.

16. Ja, Hadar‚ser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadar‚ser, op hulle voorpunt.

17. Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.

18. Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe honderd trekperde en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.

19. En toe al die onderhorige konings van Hadar‚ser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help.

Significados: Israel, Saul, Edom.

Você está lendo 2 Samuel na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 24 capítulos, e 695 versículos.