Êxodo

22. Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

23. En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

24. Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

25. En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef

26. en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

27. Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.

1. Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand n  hulle uittog uit Egipteland.

2. En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer.

3. En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.

4. Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.

5. En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.

6. Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat die HERE julle uit Egipteland uitgelei het.

7. En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy julle murmureringe teen die HERE gehoor het -- want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?

8. Daarop sê Moses: D¡t sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.

9. Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.

10. En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk.

11. Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:

12. Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.

13. En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar 'n doulaag rondom die laer.

14. En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.

15. Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.

16. Dit is die saak wat die HERE beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: 'n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.

17. En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.

18. Maar toe hulle dit met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.

19. En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.

20. Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.

21. En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.

22. En op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.

23. Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: M“re is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.

24. En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.

25. Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die HERE. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.

26. Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.

27. En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.

28. Toe sê die HERE vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?

29. Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.

30. So het die volk dan op die sewende dag gerus.

31. En die huis van Israel het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.

32. Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: 'n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.

33. Moses sê toe vir Aäron: Neem 'n kruik en gooi 'n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.

34. Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.

35. En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.

36. En 'n gomer is die tiende van 'n efa.

1. Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in R fidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.

2. Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?

3. Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?

4. Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.

5. En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

6. Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

7. en die plek Massa en M‚riba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?

8. Daarop het Amalek gekom om teen Israel by R fidim te veg.

9. En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. M“re sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

10. En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.

11. En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.

12. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

13. En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring.

14. Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.

15. En Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.

16. En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.

1. Toe Jetro, die priester van M¡dian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het -- dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het --

2. het Jetro, Moses se skoonvader, Sippora, die vrou van Moses, geneem -- nadat hy haar teruggestuur het --

3. en haar twee seuns. Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling geword in 'n vreemde land;

4. en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.

5. En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy by die berg van God met die laer gestaan het.

6. En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.

7. Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8. Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.

9. En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10. Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11. Nou weet ek dat die HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.

12. Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.

13. En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.

14. En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15. En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.

16. As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.

17. Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18. Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.

19. Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God,

20. en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21. Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22. en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

23. As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.

24. Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het --

25. Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel -- owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26. En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27. Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.

Significados: Sur, Mara, Israel, Sinai, Hur.

Você está lendo Êxodo na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 40 capítulos, e 1212 versículos.