1. En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:

2. Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;

3. toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;

4. soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;

5. toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;

6. toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

7. Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

8. het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

9. Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.

10. Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.

11. Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

12. Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.

13. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

14. Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.

15. Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

16. 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

17. En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.

18. So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.

19. My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.

20. My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.

21. Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.

22. N  my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.

23. En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.

24. Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

25. Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.

1. En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit -- mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2. Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3. Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4. hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5. Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.

6. In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7. Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar --

8. dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.

9. En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10. Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11. Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12. Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

13. My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.

14. Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15. Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.

16. Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17. Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18. Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19. Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20. Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21. U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22. U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23. Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24. Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om die rede om hulp roep nie?

25. Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26. Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27. My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28. Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29. Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.

30. My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

31. So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.

1. Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?

2. Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes --

3. is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

4. Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

5. As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

6. laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

7. As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het --

8. laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

9. As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste --

10. laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

11. Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.

12. Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

13. As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het --

14. wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

15. Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

16. As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

17. en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

18.

19. as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

20. as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

21. as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het --

22. laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

23. Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

24. As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

25. As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

26. as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

27. en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het --

28. ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29. As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30.

31. as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

32.

33. as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34. omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35. Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36. Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.

37. Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.

38. As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39. as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het --

40. laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.

Você está lendo na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 42 capítulos, e 1058 versículos.