1. Toe antwoord lifas, die Temaniet, en sê:

2. As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit?

3. Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.

4. Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

5. Maar nou dat dit jou oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jou tref, is jy verslae!

6. Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

7. Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

8. Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit.

9. Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

10. Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller -- ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.

11. Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.

12. Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang,

13. by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.

14. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

15. Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

16. Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie -- 'n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem wat sê:

17. Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?

18. Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

19. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot.

20. Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

21. Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

1. Roep maar -- is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?

2. Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.

3. Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.

4. Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.

5. Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.

6. Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.

7. Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.

8. Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

9. aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;

10. wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;

11. om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.

12. Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;

13. wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.

14. Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.

15. So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.

16. So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.

17. Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.

18. Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.

19. In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.

20. In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

21. As die tong g‚sel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.

22. Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.

23. Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.

24. En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.

25. Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.

26. Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.

27. Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!

3. Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

4. Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

5. Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?

6. Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?

7. My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

8. Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

9. En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

10. Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.

11. Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

12. Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?

13. Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

14. Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

15. My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

16. wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg --

17. in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

18. Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

19. Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

20. Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

21. So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22. Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23. Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

24. Onderrig my, en ‚k sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

25. Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?

26. Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!

27. Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.

28. Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

29. Keer tog terug -- laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug -- nog is my geregtigheid daar.

30. Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

1. Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?

2. Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,

3. so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

4. As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe.

5. My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

6. My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7. Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

8. Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!

9. Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

10. Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.

11. So wil dan ook ‚k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.

12. Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?

13. As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

14. dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

15. sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.

16. Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

17. Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

18. En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

19. Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

20. As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?

21. En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.

1. Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2. Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?

3. Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?

4. As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.

5. As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,

6. as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

7. dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.

8. Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;

9.

10. sal hulle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?

11. Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?

12. Nog is dit in sy volle groei -- sonder dat dit afgepluk word -- dan verdor dit voor al die ander gras.

13. So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;

14. sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.

15. Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.

16. Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.

17. Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.

18. As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.

19. Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!

20. Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

21. Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,

22. sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose -- weg is dit!

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?

3. As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.

4. Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?

5. Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;

6. wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;

7. wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;

8. wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;

9. wat die Beer gemaak het, die Or¡on en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;

10. wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.

11. Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.

12. Sleep Hy weg -- wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?

13. God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.

14. Hoeveel minder sal ‚k Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;

15. Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!

16. As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.

17. Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;

18. my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.

19. Kom dit aan op die krag van die sterkste -- hier is Ek! En kom dit op reg aan -- wie kan My dagvaar?

20. Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.

21. Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!

22. Dit is net eenders -- daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.

23. As die g‚sel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.

24. Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?

25. Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.

26. Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.

27. As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,

28. dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.

29. Ek sal tog skuldig wees -- waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?

30. Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,

31. dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.

32. Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.

33. Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.

34. Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;

35. dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want so is dit met my nie gesteld nie.

1. Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

2. Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

3. Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

4. Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?

5. Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?

6. dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

7. ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

8. U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

9. Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

10. Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

11. Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

12. Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

13. Maar daarby het U d¡t verberg in u hart, ek weet dat d¡t u toeleg was:

14. As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

15. Was ek skuldig -- wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

16. En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

17. U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder -- altyd nuwe leërafdelings teen my!

18. Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.

19. Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

20. Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,

21. voordat ek heengaan -- en nie terugkom nie -- na die land van duisternis en doodskaduwee,

22. 'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel -- soos middernag!

1. Toe het Sofar, die Na„matiet, geantwoord en gesê:

2. Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?

3. Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --

4. en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

5. Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

6. En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.

7. Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?

8. Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet?

9. Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.

10. As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou?

11. Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.

12. So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.

13. As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

14. -- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie --

15. ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

16. Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

17. En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre !

18. En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap.

19. Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

20. Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem.

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!

3. Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?

4. Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte!

5. Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.

6. Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.

7. Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;

8. of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.

9. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?

10. In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.

11. Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

12. By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.

13. By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.

14. Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.

15. Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.

16. By Hom is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.

17. Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.

18. Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.

19. Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.

20. Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.

21. Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.

22. Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.

23. Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.

24. Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.

25. Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.

1. Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

2. Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

3. Maar ‚k sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

4. Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.

5. Ag, as julle maar heeltemal sou swyg -- dan sou dit vir julle wysheid wees!

6. Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

7. Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

8. Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

9. Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?

10. Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

11. Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

12. Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13. Laat my met rus; dan wil ‚k spreek; laat dan oor my kom wat wil.

14. Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

15. Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

16. Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

17. Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

18. Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ‚k reg sal hê.

19. Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

20. Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

21. trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

22. Klaag dan maar aan, en ‚k sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

23. Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

24. Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?

25. Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

26. dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,

27. en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;

28. en d¡t iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.

1. Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

2. Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.

3. En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.

4. Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine -- nie een nie!

5. As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,

6. kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus -- totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.

7. Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.

8. As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof --

9. van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.

10. Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en -- waar is hy?

11. Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog --

12. so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

13. Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

14. As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

15. U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.

16. Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

17. My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.

18. Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;

19. die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet.

20. U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.

21. Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.

22. Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

Você está lendo na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 42 capítulos, e 1058 versículos.