Lucas

1. Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,

2. soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,

3. het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theofilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,

4. sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.

Você está lendo Lucas na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Novo Testamento, tem 24 capítulos, e 1151 versículos.