Salmos

1. 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!

2. Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3. As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4. Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5. Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre .

7. Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8. en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Significados: Israel.

Você está lendo Salmos na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 150 capítulos, e 2461 versículos.