Salmos

1. 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2.

3. Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4. Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5. Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6. Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.

7. Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8. Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. [ (Psalms 3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela. ]

Você está lendo Salmos na edição AFR, Afrikaans, em Africânder.
Este lívro compôe o Antigo Testamento, tem 150 capítulos, e 2461 versículos.