Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 122

1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!

2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!

3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,

4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die HERE te loof.

5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!

8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!

9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply