Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 140

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;

3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.

4 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.

5 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.

6 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.

7 Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!

8 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!

9 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.

10 Wat betref die hoof van die wat my omring — laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.

11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!

12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.

13 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. [ (Psalms 140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon. ]

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply