Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 20

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!

3 Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!

4 Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.

5 Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!

7 Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8 Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die HERE onse God.

9 Hulle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. [ (Psalms 20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep! ]

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply