Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 29

1 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

2 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!

3 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.

4 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.

5 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon;

6 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die L¡banon en Sirjon soos 'n jong buffel.

7 Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.

8 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.

9 Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!

10 Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid.

11 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply