Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 75

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2 Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.

3 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel k regverdig.

4 Al wankel die aarde en al sy bewoners — k het sy pilare vasgestel. Sela.

5 Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6 Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.

7 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie….

8 maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

9 Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10 Maar ,k sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob. [ (Psalms 75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word. ]

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply