Connect with us

Bíblia AFR3353

Psalm 151 87

1 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.

2 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.

4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filist,a en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Continuar Lendo

You must be logged in to post a comment Login

Leave a Reply